Job 6 : 13 Self is ek tot niks in staat nie.
"Jare
gelede het 'n jong swart seun in Cleveland grootgeword in 'n huis wat later
beskryf het as "arm in materiële aarde, maar ryk in geestelike
waardes..." Eendag het 'n beroemde atleet, Charlie Paddock, hulle
skool besoek om met die leerders te praat... Op daardie tydstip is
Paddock beskou as die vinnigste atleet in die wêreld. Hy het aan die
leerders gesê: "Luister! Wat wil jy word? Noem dit, en God sal
jou help om dit te wees..." Een seuntjie het op daardie dag besluit
dat hy ook die vinnigste mens op aarde wou word.
Die
seun het na sy afrigter gegaan en hom vertel van die nuwe droom. Die
afrigter het vir hom gesê: "Dit is goed om 'n droom te hê, maar om jou
droom te bereik sal jy 'n leer daarheen moet bou... Die eerste trap is
beslistheid. Die tweede trap is toewyding. Die derde trap is
dissipline. En die vierde trap is gesindheid." Die gevolg van
daardie inspirerende aanmoediging is dat die jong man voortgegaan het en vier
goue medaljes in die 1936 Olimpiese Spele gewen het. Hy het die 100m
naelloop gewen en het die Olimpiese rekord en wêreldrekord vir die 200meter
oortref. Sy verspringrekord het 20 jaar gestaan - Sy naam was Jesse
Owens..." ¬ A.T Schofield
Die sleutel hier is dat Jesse gehoor en geglo het dat hy alles kon bereik omdat God hom sou help om sy drome te bewaarheid. Waaroor droom jy? Glo jy dat God jou sal help?
No comments:
Post a Comment