Psalm 71 :9 Moet my tog nie
verwerp nou dat ek oud geword het nie,
moet my tog nie alleen laat nou dat my kragte ingegee het nie.
Onthou jy nog jou kinderdae? Jou ouers wat daar was vir jou toe jy die
eerste dag skool toe is… nagte by jou omgesit het terwyl jy masels of
waterpokkies gehad het… vir skoolklere gesorg het… kos op die tafel… jou einas
beter gesoen het… jou getroos het soos net ‘n ouer kan… langs die sportveld
was… wat hulself tekort sou doen sodat jy kon kry wat jy nodig gehad het… wat
jou gehelp het om op jou voete te kom… en gesien het hoe jy sukses bereik… wat
so trots is op jou en alles wat jy bereik het dat dit al is waaroor hulle kan
praat…
Wanneer laas het jy hulle besoek? Wanneer laas het jy tyd met hul
spandeer? Dalk is jy te besig – jy het
eenvoudig nie tyd nie. Net jy sal
weet. Dalk was jou ouers nie juis model
ouers nie.
Dit breek my hart om te sien en hoor hoe mense hul ouers
eenkant toe stoot. Die persoon wie aan
jou die lewe geskenk het, die persoon wat die rede vir jou bestaan is, is oorbodig. Ons word almal oud en ek glo nogal aan die
gesegde: “wat jy saai, sal jy maai.”
Daar word ook gese: “ Wees goed vir jou kinders, want
hulle moet eendag jou ouetehuis kies…”
No comments:
Post a Comment