Genesis 28 : 15
… Ek sal jou nie in die steek laat nie…
Op
‘n dag dat die Kaap van Storms sy naam gestand doen, haal ek ‘n vlug na
Johannesburg. Een ding waaraan ek my
vergaap, is hoe die vliegtuig in gietende reën opstyg en nog voor die
vlugkelners kan versnapperings uitdeel, deur die wolke breek waar die son
steeds baldadig skyn.
Dit
het my laat dink hoe ons tydens moeilike tye van God verlate voel. Dis tye dat ons, ons in gietende reën
bevind. Wanneer dit reën is ons onder
die indruk dat die son nie skyn nie, maar bo die reënwolke skyn die son steeds. God is steeds bo die onweerswolke in ons
lewe. Omdat ons Hom nie kan sien nie,
beteken dit nie Hy’s nie daar nie. God
word nie deur reën of storms gekortwiek nie.
Hy is verhewe bo die wêreldse stryd, maar nie verwyder nie. Net soos wat die reën die een of ander tyd
opklaar, bly sal ons problem ook die een of ander tyd wyk. Sy liefde vir ons is net so oorvloedig soos
die heerlike sonskyn bo daardie gietende reën.
No comments:
Post a Comment