Matteus 6:13 en
laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die bose.
Verlede week het ek ‘n
konferensie in Johannesburg bygewoon.
Ons het in die Saint George hotel oornag. Dis ‘n gewilde hotel met 30 multi-funksionele
konferensie lokale, in die mediterrense styl… Santorini, Corfu, ens.
Dinsdagaand het die
Universiteit van Pretoria Thuli Madonsela se “Good Governance Lecture” ook daar
aangebied met vele hooggeplaastes. Ons
kon dit ongelukkig nie bywoon nie, want daar was streng sekuriteit met vele
hooggeplaastes.
Die hotel het verskeie
banketsale en soggens het ons ontbyt saam met ander konferensie fasiliteit
gebruikers geëet. Op die tafels sou ‘n
bordjie aandui watter maatskappy dit mag gebruik.
Wat my verras het, was
dat die EFF ook daar gekonfereer het. Hul gebruikelike rooi oorpakke is verruil vir rooi hemde met hul wapen en rooi berets.
Dit is ‘n vry land en tydens konferensies is daar geen politieke
onderskeid of agenda nie. Ons fokus op
die maatskappy se strategie en visie.
Hoekom was ek dan verbaas? Wel,
hierdie mense het in die hotel geblyvir ten minste twee dae en hulself lekker volgestop alvorens
hul in luukse motors vertrek het om Pretoria te gaan beset en verniel.
Dit behoort aan die
groot klok gehang te word dat hierdie mense nie die armes verteenwoordig
nie. Hulle is opgevoed en geensins
minder bevoorreg nie. Hul is besig om
die jeug op te stook en armes se ongelukkigheid tot hul eie voordeel aan te
wend en hul is uiters suksesvol na my beskeie mening.
Al wat ek kon doen was
om vir hul te bid… te bid dat die hart van klip binne hul vervang sal word met
‘n sagte hart wat vir hul medemens klop… dat hul tot inkeer sal kom en afwyk
van hul bose planne.
Mag ek jou vra om saam
met my te bid?
No comments:
Post a Comment