Genesis 50 : 20 Julle wou my
kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen
Wanneer ongeluk ons tref, wonder ons dikwels hoekom
God dit toelaat.
Toe Josef se broers hom in die put gegooi het en hy
as slaaf na ‘n vreemde land weggevoer is, het hy verseker ook gewonder hoekom
dit met hom gebeur.
Ons ken die geskiedenis. Uiteindelik was Josef die persoon wat ‘n hele
volk van hongersnood gered het. Jare later kon hy die woorde in die teks hierbo teenoor sy broers
uiter omdat hy toe eers God se plan verstaan het.
Of jy nou vandag deur ‘n egskeiding gaan, jou
besigheid verloor het of werkloos is… waarmee jy ookal worstel, weet vandag dat
God ‘n groter plan het. Ek weet dit is
moeilik om dit te glo, maar eendag gaan jy op hierdie tyd in jou lewe terugkyk
en erken dat dit eintlik vir jou eie beswil was.
Ons wil so graag hê dat God dinge nou moet verander of ten minste weer maak soos wat dit was, maar dis nie altyd moontlik of nodig nie. Partykeer is ons vir groter dinge bestem, soos Josef, en moet ons deur dit wat ons nou deurmaak groei om toegerus te wees vir ‘n groter taak. Josef was die jongste en het ‘n beskermde lewe in sy ouerhuis gehad, maar God moes hom toerus vir iets baie groter.

Vertrou dat God in beheer is en laat Hom toe om jou
te gebruik in Sy groter plan.
No comments:
Post a Comment