1 Korintiërs 6 : 12 Daar is mense
wat sê: “Alles is my geoorloof.” Ja, maar nie alles is heilsaam nie. “Alles is
my geoorloof,” sê hulle. Ja, maar ek gaan my nie deur enigiets laat verslaaf
nie.
Dwelms van enige aard is deesdae vryelik
beskikbaar. Daar word selfs gepleit dat
dagga gewettig word… vir medisinale redes.
Volgens kenners begin verslaafdes met iets
‘onskuldigs’ soos dagga of alkohol, dalk net as gevolg van groepsdruk. Ongelukkig is dit nie waar dit bly nie en
kort voor lank is iemand afhanklik van die middel.
Miskien is jy in hierdie posisie, of iemand na aan
jou. Verslawing is ‘n monster wat nie
sommer sy greep op iemand verslap nie. Daar
is mense wat redeneer dat die gebruik van dwelms nie sonde is nie, want daar
staan nie in Die Bybel dat jy nie dwelms mag gebruik nie.
Gaan jy sterk staan en weier om jouself te laat
verslaaf? Jou liggaam is immers ‘n tempel
van God.
No comments:
Post a Comment