Eksodus 21:12 “Wie iemand
doodslaan, moet doodgemaak word.
Ons leef in ‘n wêreld
waar daar soveel hartseer is. Net
gisteraand word daar weer berig oor ‘n drie-jarige wat deur haar stiefpa
doodgeskop is. Wat kan ‘n drie-jarige
blondekop dogtertjie verkeerd doen om ‘n skop te regverdig?
Ek weet nie hoekom dit
gebeur het nie en ek ken nie die volle verhaal nie. Dis ook verkeerd om te oordeel, maar ek wil
verstaan hoekom hierdie dinge gebeur.
Wanneer ‘n ketel kook
en dit skakel nie outomaties af nie, sal dit oorkook. Miskien word ons so deur eksterne faktore
beinvloed dat ons ook begin kook en omdat ons nie kan afskakel nie, kook ons
oor. Moorde, padwoede, mishandeling… is
dit die kulminasie van die wêreld om ons?
In rekenaartaal praat
hul van GIGO, "garbage in, garbage out".
Daar is net een teenvoeter hiervoor.
Ons moet onsself begin herprogrammeer.
Ek het al agtergekom dat ek baie meer ontspanne is as ek nie nuus
luister of koerant lees nie. Ja, dalk
leef ek met oogklappe, maar ek het nog niemand geskop of selfs geklap nie.
Miskien is dit tyd om
die doodstraf te heroorweeg.
No comments:
Post a Comment