1 Korintiërs 2 : 9 Maar soos daar
geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat
in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié
wat Hom liefhet.
God het jou nie geskape om ‘n so-so lewe te hê
nie. Hy wil nie hê jy moet beskeie
drome droom en gemiddelde doelwitte stel nie.
Hy wil nie sien dat jy maar net-net
dit maak nie. God dink groot! Hy dink in grootmaat, in die oortreffende
trap, oorvloedig.
Vir die Israeliete het Hy vertel dat Hy hul neem na
‘n land wat wyd en uitgestrek is… ‘n land van melk en heuning!
Ook vir jou het God groter en beter in gedagte. Jy
gaan nie bly waar jy vandag is nie. Jy
hoef nie tevrede met jou lot te wees nie.
Begin glo dat jy op pad is, dat hierdie nie jou bestemming is nie. Sien die toekoms wat jy verdien en beweeg in
geloof vorentoe. God laat nie
wonderwerke in die verlede gebeur nie, dit gebeur nou.
Al droom jy ook hoe wild en groot, kan jy nie eens
begin om te versinnebeeld wat God vir jou in gedagte het nie. Die enigste rede hoekom party mense nie daar
uitkom nie, is omdat hul nie dit glo nie.
No comments:
Post a Comment