2 Korintiërs 10 : 3 – 4 Natuurlik leef ons in 'n menslike liggaam, maar
ons voer nie die stryd met menslike wapens nie.
Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die
kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig.
Elke dag voer ons ‘n stryd. Daar is soveel versoekings. Van die oomblik dat jy jou voete by die deur
uitsit, moet jy jouself staal teen die aanslae.
Jy staan en wag jou beurt af om vir jou ‘n
treinkaartjie te koop, maar iemand kom druk in.
Die treine is laat en as dit uiteindelik opdaag, is daar geen sitplek
nie. Jy staan en hou maar jou asem op
vir die liggaamsreuke van almal rondom jou.
Teen die tyd dat die trein die stasie binnery, is
jou voete reeds seer. By die werk is die
baas in ‘n slegte bui omdat jy laat is, min wetend wat jy moes trotseer om hier
te wees. Jy byt op jou tande om nie ‘n
skewe antwoord te gee nie. Die dag self
is nie veel beter nie… moeilike kliënte, rekenaars wat nie saamwerk nie, foute
wat gemaak word… en dan weer dieselfde uitdaging huis toe.
By die huis is die kinders moeilik en jy moet nog
aandete voorberei.
Die scenario is fiktief, maar kon enige iemand se
dag gewees het. Jy kan nie op jou eie
die dag aanpak nie, want die vyand lê op loer.
Rus jou toe met God se wapens.
No comments:
Post a Comment