Genesis 6:9 Hier volg die verhaal
van Noag. Noag was 'n regverdige man. Onder sy tydgenote was hy onberispelik en
hy het naby God geleef.
Ons ken die storie van Noag… Noag wat die ark gebou
het terwyl daar nie ‘n wolkie in sig was nie… Noag wat gespot is, maar hom doof
gehou het omdat hy God se opdrag uitgevoer het. Noag wat onvoorwaardelik in God
geglo het.
Die teks is soos ‘n getuigskrif van Noag. ‘n Regverdige man… een wat onberispelik en
naby God geleef het.
Hoe lyk jou verhaal? Hoe sou jy jouself
beskryf? Hoe sal ander jou beskryf? Hoe sal God jou beskryf?
Omdat ons in ‘n kompeterende wêreld leef, tussen
nie-Christene, konformeer ons maklik.
Ons doen wat vir mense aanvaarbaar is.
Ek het al gehoor dat iemand nie bevorder is nie, omdat hul nie hulself
genoeg laat geld nie.
Wanneer ek en jy eendag voor God verskyn, gaan
dieselfde karaktertrekke wat ons suksesvol op aarde maak, dalk nie dieselfde
wees wat ons in die hemel gaan inkry nie.
Elke dag staan ons voor ‘n keuse… gaan ons optree om by die wêreld in te
pas, of gaan ons optree volgens God se verwagtinge. Ek het ‘n vermoede dat God se standaarde
bietjie hoër is as die van die wêreld, dalk meer as ‘n bietjie.
No comments:
Post a Comment