Galasiërs 5:22 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde,
vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid,
So hoe lyk God se standaarde? Hoe moet ek optree om
nie aan die wêreld gelyk te word nie?
Vra jouself af hoeveel liefde het jy vandag
betoon? Het jy teenoor almal liefde
betoon of net teenoor die wat vir jou deure kon oopmaak?
Het jy vrede bewerkstellig, of het jy die vuurtjie
verder aangeblaas?
Was jy geduldig… in die lang ry by die bank, by die
verkeerslig, met die ou oom of tannie wat nie tot die punt kon kom nie… met jou
eggenoot, kinders, ouers?
Was jy vriendelik?
Opreg vriendelik sonder om iets terug te verwag?
Het jy goedhartigheid betoon teenoor die bode, die
petroljoggie, die koerantverkoper, die bedelaar… of was jy geirriteerd omdat
hul benede jou is en nie ‘n tweede kyk werd is nie?
Hoe getrou was jy aan jou eggenoot, jou werkgewer,
jou land? Lojaliteit is ‘n raar eienskap
deesdae.
No comments:
Post a Comment