Efesiërs 3 : 20 Aan
Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat
ons bid of dink,
Het jy al ‘n teks gelees, wat jy weet jy al vantevore
gelees het, maar op daardie oomblik is dit net asof die 3D prentjie uiteindelik
sigbaar word?
Dit is hoe ek oor hierdie teks voel. Ons weet God kan enige iets doen, maar
wanneer jy besef dat jy as mens nie eens naastenby in staat is om te verwoord
of te dink waartoe God in staat is nie, staan jy verstom. Met ander woorde God se vermoëns is ver bo my
begrip of wildste drome.
Bevind jy jouself op die oomblik op ‘n plek waar die
situasie hopeloos lyk? Dalk is jy een
van die mense wat alles in die vlammehel in Knysna en omgewing verloor het… Vra
vir God om vir jou deur te kom. Erken
dat jy nie weet hoe nie, maar dat jy weet Hy kan en dat jy glo Hy is jou
enigste hoop.
Hy sal jou nie teleurstel nie.
No comments:
Post a Comment