Psalm 18 : 30 Met u hulp loop ek 'n oormag storm, met my
God by my is geen stadsmuur vir my te hoog nie
Wanneer die lewe jou die rug keer, moenie mismoedig
word nie. Keer jou probleme die rug en fokus
op God. Dis die tyd wanneer wonderwerke
in die agtergrond plaasvind. Jy kan
eintlik lekker in jou mou lag vir die duiwel, want hy staan nie ‘n kans teen God
almagtig nie.
Die goeie nuus is jy staan nie alleen nie… nie alleen
teen kanker, ‘n egskeiding, die skoolboelie of enige ander stryd nie, want met
die hulp van God kan jy enige vyand oorwin.
Die mure wat in jou pad staan verkrummel voor Hom.
Ongelukkig vergeet ons hierdie vers wanneer ons teespoed
ervaar. Met elke krisis in jou lewe het
God vir jou deurgekom en steeds twyfel ons en laat ek en jy toe dat die vyand ons
vreugde steel. Hoekom dink jy is dit so? God het nie verander nie, maar ongelukkig het
ons ook nie verander nie. Ons is steeds
die twyfelaar ten spyte van Sy geduld oor die jare.
Al wat nodig is, is dat ons vir eenkeer glo en vertrou
op die Woord... elke jota of tittel daarvan.
No comments:
Post a Comment