Hosea 5 : 15 Ek sal terugkeer na my plek toe totdat hulle
hulle skuld bely en na My opsien vir hulp.
Sodra hulle moeilikheid het, dan sal hulle My soek
Hoeveel keer het jy jouself al voorgeneem dat jy elke
Sondag sal kerk toe gaan en jou Bybel gereeld lees en bid, maar voor jy jou kom
kry het jy al weer ‘n Sondag of twee drie oorgeslaan en ‘n week laas jou Bybel
oopgeslaan? In Suid-Afrika het ons die
vryheid om te aanbid soos en wanneer ons wil.
Menige huis het meer as een Bybel… ongelukkig ook meer as een Bybel wat
nooit eens oopgemaak word nie.
Ons kan nie net tot God nader wanneer ons ‘n krisis
ervaar nie. Dalk is dit hoekom ons land
in hierdie verskriklike toestand is. Ons
moet as volk terugkeer, ons skuld bely en aan die voete van Jesus bly sit. ‘n Enkele gebedsdag in Bloemfontein is ‘n
goeie begin, maar om God te dien moet ‘n leefwyse word, nie net ‘n geleentheid
nie.
Waar begin ons, vra jy? Elkeen begin by onsself en as ons in die
roetine is, begin ons by hulle naaste aan ons en hulle loop dieselfde paadjie
en kort voor lank is ons almal terug waar ons hoort.
No comments:
Post a Comment