Jesaja 43 : 1 Luister,
so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie
bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.
‘n Professor het vir ‘n groep studente gevra: “As jy enige iemand in die wêreld kan wees,
wie sal dit wees?” Tagtig persent van
hulle het gekies om iemand anders te wees! Net twintig present van die studente was gelukkig om te wees, wie hul
gebore is om te wees.
Dit is nogal hartseer.
Hoekom wil jy iemand anders wees?
Is dit omdat hul lewe so perfek lyk?
Is dit omdat hul beroemd, bekend of ryk is? Glo my niemand se lewe is perfek nie en almal
het onder begin.
Om te wens dat jy iemand anders kon wees, gaan net
maak dat jy jou omstandighede of lewe al meer en meer gaan haat. Vind liewer berusting in die feit dat jy so
uniek en spesiaal is dat mense eintlik soos jy wil wees.
Die sakewêreld floreer wanneer ons twyfel oor ons
identiteit. Hulle adverteer allerhande
produkte wat ons kan help… pille om jou maer te maak, roompies om die plooie
weg te vat, bekende naam produkte… die lys gaan aan en aan. Natuurlik moet jy na jouself kyk en doen wat
jy kan om op jou beste te lyk, maar dit beteken nie dat jy iemand anders se
lewe moet leef nie.
Partykeer konformeer ons of verander om in te pas, net
om op ‘n dag te besef dat ons eintlik nie hou van die persoon wat ons geword
het nie.
Onthou wie jy is en bly getrou aan jouself. Dit is wie God jou bedoel het om te wees.
“Wanting
to be someone else is a waste of the person you are.” ―
Marilyn Monroe
No comments:
Post a Comment