Dit maak nie
saak hoe ‘n goeie en gawe persoon jy is nie, daar sal altyd iemand wees wat nie
van jou hou nie. Hul is nie
geinteresseerd in jou opinie of jou as persoon nie. Hul sal jou nooit die voordeel van die twyfel
gee nie. Wat jy ookal sê sal altyd verkeerd
geinterpreteer word.
Meeste mense
sal in die slaggat trap om hulself te verdedig, maar moet nie jou energie
hierop vermors nie. Die vyand probeer
jou aandag aftrek. God sê dat Hy die
geveg namens jou sal stry.
Selfs Jesus
het nie mense se venyn vrygespring nie. 1 Petrus 2:22 “Hy
het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” Ten spyte van die feit dat Hy niks verkeerd gedoen nie, het mense steeds fout gevind. Hy is misverstaan, vals beskuldig en verneder. Voel dit bietjie soos jou lewe?
Jesus moes partykeer sekerlik gevoel het asof Hy
net nie kan wen nie. Toe Hy iemand op
die Sabbatdag genees, het mense hom gekritiseer… nie oor wat hy gedoen het nie,
maar oor wanneer hy dit gedoen het. Party
mense kan jy net nie ‘please’ nie. Aanvaar dit.
Hoe het Jesus dit hanteer? Wat het Hy daaromtrent gedoen? Hy het nie homself verdedig of probeer om Sy
reputasie te red nie. Hy het nie
toegelaat dat enige iemand Sy aandag aflei van dit wat Hy moes doen nie.
So, hoekom
moet jy aan mense bewys wie jy is of jouself verduidelik of regverdig? Jy hoef net aan God rekenskap te gee. Ignoreer wat mense sê… wat hul op sosiale
media kwytraak, of dit wat jy via ander hoor daar oor jou geskinder word. Bly eerder gefokus.
No comments:
Post a Comment