Job 19:25 Ek weet dat my Losser leef, uiteindelik sal
Hy op die aarde triomfeer
Teleurstelling,
hartseer, ontnugtering is en bly deel van die lewe. As vriende, familie, jou kinders, jou
werkgewer jou teleurgestel het, weet dat God altyd ‘n ander deur sal oopmaak in
die plek van die een wat toegeslaanhet.
Wanneer
daardie nuwe deur oopgaan, kan jy vergeet van jou aflegging, die hartseer
egskeiding, die regstryd wat jy verloor het, jou bankrotskap… Hy is ‘n God van
nuwe begin.
Job het
omtrent alles deurgegaan wat ek of jy hier op aarde kan deurgaan. Ten spyte
daarvan het hy God nooit verloën nie. Hy
het bly verklaar dat sy Verlosser leef en geweet dat God altyd triomfeer. So het dit ook gebeur. Job se vriende wou hê dat hy realiteit in die
gesig staar en van God wegkeer, maar Job het geweier. Uiteindelik sou God hom nie net herstel tot
wie hy was en wat hy besit het nie, maar hy het meer as ooit tevore gehad. God het hom selfs ook lang laat leef om
hierdie nuwe rykdom te geniet. Job het nog 4 geslagte daarna aanskou.
Voorspoed kom
selde oor ons pad alvorens ons deur diep waters moes spartel. Sonder ‘n toets is daar immers geen getuienis
nie. Wanneer omstandighede ons platslaan
en ons nie herwaarts of derwaarts weet, is uitkoms binne ons bereik.
Moenie opgee
nie, moenie moed verloor nie. Vee jou
trane af en begin van vooraf. Sodoende sê
jy vir die vyand: “Ek het steeds ‘n kans
en dus beland die vyand as’t ware onder jou voete.” Verklaar hardop: “My Verlosser leef… Ek weet
Hy’s besig om my deurbraak te bewerkstellig”.
No comments:
Post a Comment