1 Konings 22:5 Maar,” het Josafat verder vir die koning van
Israel gesê, “raadpleeg net eers die Here.”
Hoeveel keer
pak ons nie iets aan sonder om eers vir God te raadpleeg? As sake dan nie na wense verloop nie, weet
ons baie goed waarheen om te hardloop.
God se antwoord aan Josafat was dat hul maar kan gaan veg, hulle gaan
verseker wen.
Net soos ons
God oor alles moet raadpleeg en in alles moet ken, moet ons ook ag slaan op ons
woorde. Woorde dra krag en daarom moet
ons versigtig wees wat ons sê.
Almal het na
Goliat verwys as die reus. Almal was bang vir hom. Hy kon min of meer maak soos hy wou. Dawid het hom egter nooit ‘n reus genoem
nie. Hy praat van Goliat as die
onbesnede Fillistyn. Hy sien nie dat
Goliat te groot is vir hom, eerder dat dit voordelig is, want hy’s so groot
Dawid weet hy kan nie mis nie.
Wat is die
reus in jou lewe? Werkloosheid? Verslawing? Onmin in jou verhouding? Let op jou taalgebruik wanneer jy hieroor
praat.
Toe Moses
verspieders stuur om die beloofde land te verken, kom hul terug en sê die mense
is te groot, hul sal nooit teen hul kan wen nie. Josua en Kaleb se siening van die beloofde
land verskil egter. Hulle sien die
vrugbaarheid en potensiaal van die land.
Hul woorde aan Moses was: “Laat
ons onmiddellik die land binnegaan.” Wat
gebeur? 2 miljoen kampeer daar, maar net
2 gaan die beloofde land binne.
Nie net ons
woorde nie, maar ook ons negatiwiteit hou ons heel waarskynlik ook uit ons
beloofde land.
No comments:
Post a Comment