Sagaria 4 : 10
Moenie die dag van klein
dingetjies gering ag nie. (6) Toe
sê hy vir my: “Hier is die boodskap van die Here aan Serubbabel: Nie met mag en
krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.” (7) Selfs die grootste berg sal voor
Serubbabel 'n gelykte word. (9) Serubbabel
se hande het hierdie tempel se fondamente gelê, sý hande sal dit klaar bou.
Alles wat kon
verkeerdgaan, het verkeerd gegaan. Dit
was asof alles en almal Serubabel probeer verhoed het om die tempel te herbou,
maar God was aan sy kant en daarom kon niks hom terughou nie.
Wat is dit wat
verhoed dat jy vooruitgaan? Is dit dinge
wat mense oor jou sê of gesê het? Is dit
jou agtergrond, jou gewig, jou probleemvel, jou haarkleur, jou sproete? Is dit jou gebrek aan selfvertroue of jou
vrees vir mislukking? Is dit geld?
Weet jy, as ons
lank genoeg daaroor tob, sal daar meer as genoeg wees wat ons terughou. Ek glo dat ons almal iets het wat ons kan
terughou. Die verskil tussen hulle wat
suksesvol is en ander wat nog wik en weeg, is dat eersgenoemde hul doof hou vir
enige nagatiwiteit. Meeste suksesvolle mense
sal jou vertel dat hul nie met die eerste probeerslag geslaag het nie, maar
hulle het nooit ophou probeer nie, ten spyte van terugslae.
Meeste
teenkanting bestaan in elk geval net in ons kop. Die oomblik dat ons in geloof die eerste tree
gee, kom ons gou agter dat ons tot veel meer in staat is as wat ons ooit gehoop
het.
No comments:
Post a Comment