Lukas 16 : 15 Wat deur die mense as belangrik beskou word,
is 'n gruwel voor God.
Hou jou hand
ver voor jou uit terwyl jy jou regteroog toehou. Bring nou jou hand nader en nader aan jou
linkeroog totdat dit teen jou linkeroog is.
Kan jy enige iets sien? Nee, want
jou regteroog is toe en jou hand blokeer jou sig uit jou linkeroog. Net so blokeer ons die goeie dinge wat God
vir ons in stoor het met ons fokus op die negatiewe.
Jy hoor
miskien dat jy aan ‘n ernstige toestand lei. En wat doen ons… ons google. En daar vind ons ‘n 1001 dinge wat ons kele
nog verder laat toetrek. Dan praat jy
met vriende en jy hoor iemand wat daarmee gediagnoseer is, het net 6 maande
geleef.
Wat as ek nie
die werk kry nie? Kyk hoe styg die pryse… Dink net hoeveel aansoeke hulle gekry
het, hulle kan kies en keur… My ouderdom, my velkleur, my gestremdheid…
Verskuif jou
fokus deur God te prys vir dit wat Hy gaan vermag. U sê u sal my gee die
begeertes van my hart… U het net goeie planne vir my… U is ‘n God wat nie kan
lieg nie…
God het die
son laat stilstaan vir Joshua, Jesus het water in wyn verander, God het die
leeus se bekke gesluit sodat niks met Daniel gebeur het nie. God, U het gesê dat U in elke behoefte van my
sal voorsien… so ek vertrou U.
Maak God die
middelpunt van jou bestaan, nie jou probleem nie. Onthou, as God so naby aan jou
is soos wat jou hand aan jou oog was, sal jy nie eens jou probleem raaksien
nie.
No comments:
Post a Comment