1Tess 5 : 18 Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit
is wat God in Christus Jesus van julle verwag.
In elke
werksomgewing is daar ‘n kultuur. Wat is
die kultuur waar jy werk? Is dit vir jou
lekker om werk toe te gaan? ‘n Goeie
maatstaf is om na jou gemoedstoestand op ‘n Sondagaand te kyk. Is jy alreeds besig om ‘n siekte uit te dink
sodat jy net nie Maandagoggend daar hoef in te stap nie? Is dit jou baas, jou
kollegas, die tipe werk wat jy doen?
Om ‘n werk te
hê, is eerstens iets om op trots te wees en tweedens iets om voor dankbaar te wees.
Ek gee nie om wat jy doen nie, as jy jou
brood verdien in die sweet van jou aangesig is jy ‘n wenner in my oë.
Doen elke dag
jou beste, al word dit nie raakgesien nie.
Jy werk immers nie vir ‘n aardse baas nie, maar vir God. Al kry jy geen erkenning nou nie, weet vandag
dat God trots is op jou. As jou kollegas
of jou toesighouer of jou baas jou ‘n harde tyd gee, moet hulle nie oordeel
nie. Vra jouself in elke omstandigheid
af wat God sou doen. Dit sal jou gou leer hoe om op te tree.
Dit help ook
om die minste te wees. Jy hoef nie altyd reg te wees nie. ‘n Sagte woord keer die grimmigheid af… draai
die ander wang… Wees jy die verskil wat jy graag in ander wil sien.
No comments:
Post a Comment