Deuteronomium 18 : 9 –
12 “Wanneer jy in die land kom wat die
Here jou God vir jou sal gee, moet jy nie die afskuwelike praktyke van daardie
nasies aanleer nie. Daar mag nie iemand
by jou wees wat sy seun of dogter as offer laat verbrand nie. Daar mag nie 'n
besweerder by jou wees nie en ook nie 'n towenaar of iemand wat voortekens lees
of 'n goëlaar of 'n slangbesweerder of
iemand wat geeste om inligting vra en dooies raadpleeg nie. Die Here het 'n afsku van elkeen wat hierdie
soort ding doen. Trouens, dit is juis oor die afskuwelike praktyke van die
Kanaäniete dat die Here jou God hulle in jou belang gaan verdryf.
Op die 31ste
Oktober word Halloween gevier, meesal in Amerika. Stadig
maar seker is die saadjies besig om na Suid-Afrika oor te waai. Daar word alreeds van die items verkoop en al
meer publisiteit word daaraan verleen. Daarom
is Halloween partytjies glad nie meer vreemd nie. Kostuums, verligte pampoengesiggies, speletjies soos 'trick or treat'... dis tog onskuldige pret, nie waar nie? Die ‘World Book Encyclopedia’ verklaar: "Die oënskynlik skadelose, verligte pampoen gesig van die Jack -O-Lantern is 'n antieke simbool van 'n verdoemde siel".
Dit is hoe uitheemse
plantegroei hier in ons land wortel geskiet het en nou ons natuurlike bronne
bedreig. Een saadjie ontkiem en voor jy
jou kom kry sit jy met plantegroei wat ons skaars waterbronne uitput en die
inheemse plantegroei laat swaarkry.
Halloween is
wel ‘n godsdienstige dag, maar nie Christelike dag nie. Tom
Sanguinet, ‘n
voormalige hoë priester in Wicca het gesê: “Die moderne vakansie wat ons Halloween noem, het sy oorsprong in die volmaan naaste aan 1 November, die hekse se ‘nuwe jaar’. Dit is ‘n tyd wanneer die geeste (demone) veronderstel is om ‘n hoogtepunt van hulle krag en bedrywigheid te bereik en dan weer die aarde besoek… Halloween is geheel en al, absoluut boos. Daar is niks wat ons ooit kan doen, of gedoen het, wat dit enigsins aanvaarbaar vir die Here Jesus sal maak nie.”

Ons kan nie
toelaat dat uitheemse plantegroei (heidense gebruike) ons inheemse plante (Christelike
geloof, gelowiges, veral kinders) oorheers en uitroei nie. Net soos die uitheemse plantegroei ons
natuurlike bronne uitbuit en oorneem, sal hierdie gebruike ook ons geloof
afwater tot ons nie meer die verskil tussen reg en verkeerd ken nie.
Dit is tyd dat
Christene opstaan vir wat reg is en nie net weier om deel te neem aan die
rituele nie, maar hul opinie daarteen heftig uitspreek en kapsie maak daarteen dat
ons en ons kinders mislei word. Jy is of
vir God of teen Hom.
No comments:
Post a Comment