Jesaja 55 : 12 Julle sal met blydskap uit Babel wegtrek en
in vrede gelei word
As jy na jou
lewe op die oomblik kyk, is jy gelukkig?
Is jy op die plek waar jy wil wees?
Het jy bereik wat jy wil bereik?
Indien jy ja
op hierdie vrae kon antwoord, is jy ‘n baie gelukkige persoon en rus God se
guns oor jou lewe en dit is fantasties.
Dit is presies wat God vir jou ingedagte het. Ongelukkig glo ons dit nie almal nie.
Party van ons
bly glo dat ons nie verdien om gelukkig te wees nie. Ons glo dat ons deurbraak eendag sal kom,
maar dit bly ‘n vae hoop, nie ‘n vaste vertroue nie. Ander word so teruggehou deur hul verlede dat
hul nooit hul volle potensiaal bereik nie.
Ons bly vashaak in Babel, ons kom nie daar weg nie.
God weet wat
die beste vir jou is. Hy weet presies
wat jy nodig het en selfs wanneer jy dit nodig het. Op die regte tyd stuur hy die regte mense oor
jou pad en alles val in plek. Hy weet
waar die gevare lê en waar die goeie geleenthede wag. Jy moet leer om jou innerlike vrede te
vertrou wat jou gaan aanpor om te beweeg.
Selfs al lyk dit asof alles teen jou is, as jy in jou binneste voel die
tyd is ryp, neem die eerste tree.
As jy egter nie
algehele gemoedsrus het nie, is dit nie die regte skuf nie. As daardie stemmetjie vir jou sê dis nog te
gou… dis nie die regte vennoot nie… die prys is nie reg nie… wag… dan moet jy liewer
wag… wag, want dit is God wat met jou praat.
Onthou egter
altyd dat God jou wil help, met die groot sowel as klein dingetjies. Hy wil sy guns oor jou uitstort en al die
lewe se frustrasies en kommer wegneem.
Wanneer jy ingestel is op Sy leiding, as jy volg in Sy vrede, sal Hy jou
lei na seëninge en oorwinnings wat Hy vir jou gereed gemaak het.
No comments:
Post a Comment