Genesis 28 :
16 “Die Here is op hierdie plek, en ek
het die nie geweet nie!”
Die
baie bekende verhaal van Jakob wat ‘n droom gehad het. In die droom sien hy ‘n
leer met engele daarop wat al die pad tot die hemel strek. Dis ook waar God vir
hom gesê het: “Ek sal by jou wees en jou
beskerm waar jy ook al gaan.” Toe Jakob
die volgende oggend wakker word het hy juis hierdie woorde in Genesis 28 : 16
kwytgeraak.
Hoeveel
keer bevind ons nie onsself nie in moeilike situasies nie? Tye waar ons
swaarkry, wroeg en sukkel.
Partykeer
is dit ‘n kind wat op die verkeerde pad is.
Jou liewe, dierbare babatjie verander ewe skielik in die duiwel
homself. Hy steel jou geld, verkoop jou
kosbaarste besittings, lieg sonder om ‘n oog te knip. Alles word toegesluit, selfs jou
koskaste. Saans lê en bid jy eers dat hy
veilig sal huis toe kom en as hy by die deur instap bid jy dat hy liewer
weggebly het. Goed word rondgegooi, daar
word gevloek en skel… jy krimp ineen.
Hopelik lig hy nie ook nogsy hand vir jou nie.
Menige
ouer van ‘n dwelmverslaagde sal jou versker hierdie is ‘n maklike pad nie. Jy bly ‘n ouer. Net omdat jou kind op die verkeerde pad is,
beteken nie dat jy hom nie meer lief het nie.
Het
jy al ooit daaraan gedink dat God ook op hierdie plek saam met jou is? Ja, Hy is by jou wanneer jou kind jou hart
breek. Hy is by jou as jy beangs is. Hy
is by jou as jy op jou knieë gaan vir hierdie kind. Jy is nie alleen nie. Dit is heelwaarskynlik die rede hoekom jy
staande bly.
Net
soos wat Hy vir Jakob in vers 16 verseker het, versker Hy ook vir jou dat Hy by
jou is en jou sal beskerm.
Weet
verseker dat God nie net handegevou saam met jou hierdeur gaan nie. Op die regte tyd sal Hy ook uitkoms
bring. Die Here is op hierdie plek… jy besef dit dalk net nie.
No comments:
Post a Comment