Jesaja 41 :
10 Moenie bang wees nie, want ek is by
jou…
Wat
is jou grootste vrees? Wat is daardie
een ding wat jy hoop nooit ooit met jou sal gebeur nie?
Vir
my is dit dat ek myself nooit ooit naby ‘n lewendige slang sal bevind nie. Ek kry die horriepiep as ek net die woord
slang hoor.
Daar
is egter twee goed wat meeste mense vrees, naamlik vrees vir mislukking en
kritiek. Dit is vrese wat blykbaar nooit
heeltemal verdwyn nie. Daar word gesê
dat jy dit kan oorkom, maar dat dit altyd weer kop uitsteek sodra jy die
volgende uitdaging teëkom.
Nou
weet ons dat mislukking selde blywende skade aanrig. Om die waarheid te sê mislukking maak jou
gewoonlik sterker en meer vasberade om sukses te behaal.
Net
so kan kritiek seermaak, maar as jy dit analiseer en neem vir wat dit is, kan
dit jou wyser maak of help om beter te wees.
Die
geheim is dus om kritiek en mislukking tot jou eie voordeel te gebruik. Te veel
van ons word teruggehou deur ons vrese.
Neem nou maar my vrees vir slange.
Dis amper ‘n onlogiese vrees, want ‘n slang het my nog nooit enige skade
berokken nie, maar steeds wyk die vrees nie.
Wat
jou vrees ookal is, besef vandag een ding en dit is dat God met jou is, te
midde van jou vrese. Hy het ons nie ‘n
gees van vrees gegee nie, maar ‘n gees van oorwinning.
No comments:
Post a Comment