Psalm 118 :
24 Dit is die dag wat die Here gemaak
het; laat ons daaroor juig en bly wees. Red
tog, Here, gee tog voorspoed, Here!
Hierdie
is ‘n teks wat ons gereeld kwoteer, maar vers 25 is die interessante een. Dawid
vra God om te red en voorspoed te gee. Hy roep om hulp. Wanneer iemand
om hulp roep, het hul dadelik hulp nodig, nie môre, volgende week of oor ses
maande nie. Dawid sou tog nie sê: “Here, ek het voorspoed nodig teen môre… of stuur dit teen volgende week… Nee, Dawid
is blatant, amper voorbarig… Here, gee voorspoed… nou!”
Wie
van ons lê soveel waagmoed aan die dag? Bid ons met vaste geloof en vertroue of
is ons so amper kosie-ekskuus? “Here, dit sal gaaf wees as U miskien... as dit
nie te veel moeite is nie, as U dink dis nodig of reg, as…” Dalk dink jy juis nou dat jy beslis nie so
voorbarig met God kan wees nie. Of dalk
vertrou jy God net nie genoeg nie.
Nee,
jy kry nie omdat jy nie vra nie. Jy sien
die feit dat ons vra, gaan God nie van plan laat verander nie. Maar as ons nooit vra nie, is dit nie dalk
hoekom dit nooit gebeur nie? Dis beter
om voorbarig te wees en te sê: “God, ek glo dat hierdie ‘n droom is wat U in my
hart gelê het en daarom wil ek dit najaag.
Ek weet U is steeds God, so dierbare Hemelse Vader, vandag vra ek U om u
guns oor my uit te stort…. Vandag nog.”
No comments:
Post a Comment