Jeremiah 29 : 7
bid tot my vir daardie stad, want sy belange is ook julle belange
Terwyl
meeste van ons nog in ‘n waas is na die euforie van Zuma se uittrede en
Ramophosa se inswering as president, gaan die lewe voort. Party praat van die Ramophosa Lente…
Dag
Zero is wel vir die tweede keer uitgestel is, maar dis geen waarborg dat dit
nooit sal aanbreek nie. 2017 se Winter
het geen noemenswaardige reën gebring nie.
Dit kan weer gebeur.
Bendes
floreer en dwelmgebruik is besig om vinniger toe te neem as wat enige
aansteeklike siekte kan versprei.
Die
politici is so besig met hul eie magstryd dat hul nie agterkom wat besig is om
te gebeur nie. Dis mos hoe die vyand
werk… veroorsaak onenigheid daar waar daar eenheid is en jy kan heerlik
agteroor sit en kyk hoe hul mekaar vernietig sonder om jou hande vuil te maak.
Kinders
verdwyn of word ontvoer… terwyl derduisende nooit eens die lig aanskou nie
omdat hul geaborteer word.
BTW
gaan op en nog 52 c belasting word by die brandstofprys geklap. Nog vuishoue op die reeds vuisvoos
verbruiker.
Om te
sê dat ons nie op ‘n lekker plek is nie, is om dit sagkens te stel. Waar sal ons hulp vandaan kom?
Derduisende
het op 22 April in Bloemfontein toegesak om saam met Angus Buchan te bid. It’s Time… time to repent… time to
change… En nou is dit Kaapstad se beurt
op 24 Maart. By Swartklip Sportterrein
in Mitchells Plein gaan Kapenaars op hul knieë sak en hul voor God
verootmoedig. Alle rasse, alle kerklike
denominasies, ryk, arm… voor God is ons almal net mense… sondige mense.
Dit
is tyd om vir ons stad te bid… vir ons land… ons gesinne… vir uitkoms. Mag God ons begenadig.
No comments:
Post a Comment