Spreuke 3 : 24 –
26 Jy sal nie bang hoef te wees as jy
gaan slaap nie; as jy gaan lê, sal jy rustig slaap. Moenie bang wees dat 'n ramp jou skielik sal
oorval, dat die storm wat vir slegte mense bedoel is, jou sal tref nie, want
die Here sal jou beskerm, Hy sal sorg dat jy nie in 'n strik beland nie.
In
Suid-Afrika is sekuriteit baie belangrik.
Nie net het ons alarms, diefwering en veiligheidshekke nie, ons het ook
hoë mure, kwaai honde en selfs elektrisiteitsheinings of laserstrale. Hierdie maatreëls word nie net ingestel omdat
ons, ons huise beter wil laat lyk of in waarde laat toeneem nie, dis om ons en
ons gesinne te beveilig.
En
ten spyte daarvan, word mense steeds vermoor in hul huise. Dit is die realiteit van die tyd waarin ons
leef. Ons weet dat daar verskeie redes
daarvoor is en ek glo dat dit ongelukkig nog lank met ons sal wees. Misdaad en misdadigers is ‘n kanker wat
versprei.
Ons
kan egter al die beste en duurste veiligheidsmaatreëls installeer sonder om
werklik veilig te voel. Volkome
gemoedsrus kom eers wanneer jy besef dat God die hoof van Sekuriteit is. Hy is die enigste Een wat jou ‘n waarborg en
gemoedsrus gee.
Omdat Hy in Sy Woord vir jou volkome beskerming belowe kan jy
vanaand jou oë dalk vir die eerste keer toemaak en ware vrede ervaar… vrede wat
alle verstand te bowe gaan.
No comments:
Post a Comment