Psalm 119 :
165 Vir dié wat u wet
liefhet, is daar groot sekerheid; niks kan hulle laat struikel nie.
Boekwinkels
is vol boeke wat jou op amper enige gebied van die lewe raad kan gee. Vele skrywers van selfhelp boeke het al groot
geld gemaak uit ons.
Min
mense besef egter dat al daardie boeke saamgevat is in een Boek, wat in vele
huise lê en stof vergader, nl Die Bybel.
Die Woord van God bied jou leiding, genesing, vrede, vreugde en
hoop. Maak nie saak watter situasie jy
vandag in die gesig mag staar, jy kan lewe in vrede en oorwinning omdat jy die
antwoord sal vind deur God se Woord te bestudeer en op jou lewe toe te pas.
Jy’t
seker al gehoor hul sê: “Die enigste iets waarvan jy seker kan wees, is
verandering.” Ons lewe in ‘n onseker wêreld. Ons verhoudings, vriendskappe, werk, inkomste…
niks is gewaarborg nie. Dit alles kan binne ‘n oogwenk verander. En dan lees jy in die Woord dat daar
sekerheid is as jy God liefhet…
Sekerheid wat ook sal sorg dat jy nie struikel nie. Wow!
Begin
om die Woord te lees op ‘n manier wat jy dit nog nooit gedoen het nie…
bestudeer dit… mediteer daarop… gehoorsaam Sy opdragte. Dan sal jy stap in die
skadu van Sy oorvloedige seëning.
Indien
jy God se Woord in jou hart koester, kan niks en niemand dit van jou
wegneem. Net soos ons kos nodig het om
te oorleef, het jy die Woord as voedsel vir jou siel nodig.
No comments:
Post a Comment