Eksodus 1 :
22 Daarna het die farao sy hele volk
beveel: “Julle moet elke pasgebore seuntjie in die Nyl gooi
Stel
jou voor jy is ‘n swanger mamma wat rykhalsend uitsien na die geboorte van jou
ongebore babatjie. Jy gaan vir ‘n
skandering en hoor dis ‘n seuntjie. Die
voorbereiding begin… blou kleertjies word gekoop, die kamer word versier, jy
begin moontlike name oorweeg… Een aand luister jy oor die nuus en jy hoor dat
‘n nuwe wet geproklameer is. Alle babaseuntjies sal by geboorte doodgemaak
word. Dis presies wat Farao gedoen het toe
hy besef dat die Israeliete meer raak as die Egiptenare.
Kan
jy jou indink hoe Jogebed moes voel toe sy dit hoor? Angsbevange… wat as dit ‘n seuntjie is? En toe is dit ‘n seuntjie... Moses. Jogebed was egter ‘n Godvresende vrou. Sy het vas geglo dat haar seuntjie nie sal
sterf nie. Sy sou bid en glo dat God hom
sal beskerm vandaar haar plan om vir hom ‘n mandjie te vleg en hom in die
rivier te gaan wegsteek.
In
Hebreërs 11 word daar verduidelik, aan die hand van voorbeelde van
geloofshelde, wat dit beteken om te glo.
Net drie vroue word in die hoofstuk vereer: Sarah, Rahab en Jogebed.
Wat
sal God oor jou geloof sê? Sal jy die
geloofshelde lysie haal? As ander
mense
na jou kyk, sal hul jou bewonder vir jou sterk geloof?
Dis
nie altyd maklik om onwrikbaar op God te vertrou nie. Dis nie altyd maklik om vaste geloof te
demonstreer nie. Maar wanneer ons wel
bly glo ten spyte van almal se ongeloof, kan ons iemand anders se geloof
versterk.
No comments:
Post a Comment