Prediker 11 :
1 Werp jou brood op die water, eendag
kry jy dit terug.
Die
beginsel van brood op die water werp, kom van saad wat uitgegooi word op deurnat
grond en dan ‘n oes lewer. Net soos ‘n
boer moet ons ook partykeer kanse waag.
Jogebed
het ook haar ‘brood’ op die water gewerp toe sy vir Moses in die biesiemandjie
in die rivier gesit het. Op die ou end
het Farao se dogter op die babatjie afgekom en iemand gesoek wat die babatjie
kon soog en vertroetel tot hy groot genoeg is.
Dit
wys net hoe saad kan ontkiem as jy ‘n kans neem.
Watter
uitdaging in jou lewe verlang dat jy ‘n stap in geloof neem. Is dit dalk om jou meer vryheid te gee noudat
hul puberteit ingaan? Dalk moet jou kind volgende jaar verder gaan studeer en
iewers in ‘n koshuis of saam met ander gaan bly. Miskien moet jou man op ‘n ander dorp gaan
woon, dalk selfs oorsee? Miskien is jy
bang om te laat gaan. Dalk sukkel jy met
vertroue. Dalk is jy in ‘n tweestryd oor
‘n verhouding.
Wees
braaf… wees ‘n Jogebed. Neem die risiko
en laat gaan. En vertrou God dat jy
uiteindelik die oes sal inbring.
No comments:
Post a Comment