1 Petrus 5 : 7 Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy
sorg vir julle.
William Ward, ‘n skrywer, skryf: “Bekommernis is geloof in die negatiewe,
vertroue in die onaagename, versekering van rampsoed en oortuiging van
mislukking. Dis ‘n magneet wat negatiewe
omstandighede aantrek. Geloof is ‘n
sterker krag wat positiewe omstandighede skep.
Jy mors vandag se tyd deur jou te bekommer en vermors môre se
geleenthede met gister se moeilikhede.”
Bekommernis
vs geloof. Negatief vs positief.
Ons
het ‘n keuse tussen bekommernis en geloof.
Ons hoef onsself nie siek te maak deur bekommernis nie. Jy sien, ons bekommer ons omdat ons op mense
vertrou, hoop dat mense vir ons sal deurkom.
Ons vertrou dat ons ‘n werk of inkomste sal hê om vir alles te
betaal. Ons hoop dat ons die lening sal
kry waarvoor ons aansoek gedoen het. Ons
vertrou dat ons eggenoot getrou sal bly.
Ons hoop dat ons veilig sal wees.
Ons hoop dat ons kinders altyd hul beste sal doen en eendag suksesvol
sal wees. En wanneer dit nie gebeur of
planne nie uitwerk nie, bekommer ons, ons.
Realiteit
is dat meeste van dit waaroor ons, ons bekommer nooit gebeur nie, maar
ongelukkig keer dit ons nie.
Bekommernis
steel jou lewe stukkie vir stukkie onder jou uit. Dit hang soos ‘n missluier oor jou en beperk
jou visie.
Het
jy jou al ooit in regtig dik mis bevind, mis wat soos ‘n sluier om alles vou en
jou sig beperk. As daar die dag dik mis
in die Kaap is, dink jy Tafelberg is gesteel. Ek lees iewers iets baie interessant: "Digte mis wat sewe stedelike blokke honderd voet diep
bedek, bestaan uit minder as een glas water. Net een glas en dit maak amper alles verdwyn. ‘n Glas vol bekommernis doen presies
dieselfde.
Waaroor
bekommer jy jou? Hoekom lê jy snags
wakker? Dis nie God se wens dat jy so leef nie.
In vandag se teks is daar ‘n uitnodiging vir jou.
No comments:
Post a Comment