Jeremia 10 :
23 Ek weet, Here, die mens kan nie self
sy pad kies nie, niemand kan self sy koers bepaal nie.
Is jy
‘n beheervraat? Probeer jy om alles te
beheer? Raak jy onrustig, angstig,
senuweeagtig, bekommerd of iesegrimmig as jy beheer verloor?
John
Mason het erken dat dit presies is hoe hy is.
Hy gaan ‘n stappie verder. Hy sê dat
hy letterlik raak soos ‘n dwelmverslaafde op soek na sy volgende
ontvlugting. Volgens hom was die
hewigheid daarvan nie dieselfde nie, maar die simptome wel.
Jy is
nie alleen nie. As gevolg van die
onsekerheid in vandag se lewe, probeer ons almal om te beheer wat ons kan
beheer. Ons weet ons kan nie alles
beheer nie, maar ons gaan ons bes probeer om soveel as moontlik te beheer.
Volgens
hierdie teks het ons as mens geen beheer oor wat met ons gaan gebeur. Bekommernis, angstigheid, onrustigheid,
senuweeagtigheid, iesegrimmigheid… niks gaan die wiel van die lewe stop
nie. God is in beheer. Genadiglik het Hy goeie planne vir ons in
gedagte.
Ons
prioriteite is heeltemal verdraaid. In die sakewêreld weet ons dat ons met die besluitnemer moet praat as ons 'n transaksie wil beklink. Dit help nie jy gesels ure lank met iemand wat geen invloed het nie. Dus, maak
dit nie eerder sin om meer tyd te spandeer met die Een wat jou toekoms in Sy
hande hou as met diegene wat jy dink jou toekoms bepaal nie? Hy sê immers dat ons allereers Sy koninkryk
moet soek en al die ander dinge sal in plek val.
No comments:
Post a Comment