2 Korintiërs 10
: 3 – 5 Ons leef wel in ‘n menslike
liggaam, maar ons voer die stryd nie met menslike middele nie. Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak
nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan
vernietig. Daarmee vernietig ons die
argumente, asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan
Christus gehoorsaam te maak.
Omdat
God ons verskillend gemaak het, sal daar seker altyd verskille tussen ons
wees. Een gebied waar daar verskeie
verskillende opinies is, is oor die bestaan van God en of die aarde wel deur Hom geskape is.
Diegene
wat in evolusie glo, sal beslis nie met ons saamstem nie. Aldus hulle het die mens ‘evolve’ van ‘n aap.
Dan
is daar weer diegene wat in die oerknal glo en argeoloë wat vir jou sal vertel
hoeveel jaar gelede iets ontstaan het.
So
kan ons voortgaan. Argumente teen wat
ons as Christene glo is legio, maar genadiglik is die wapens waarmee ons
hierdie stryd aansê nie mensgemaak nie.
Dit is gevegstoerusting van God en dit gee ons die vermoë om argumente
te vernietig en ook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word.
Wanneer
jy gekonfronteer word met hierdie argumente en skanse, bid dat God jou sal
voorsien van die nodige gevegstoerusting.
Ons
kan so maklik glo wat ons in koerante lees of selfs op televisie hoor. Fopnuus versprei soos ‘n veldbrand, maar
wanneer ons gekonfronteer word met inligting uit Die Bybel, waar God self
verklaar dat elke woord die waarheid is, dan twyfel ons.
No comments:
Post a Comment