Josua 21 :
45 Nie een van al die goeie beloftes wat
die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom.
Wat
‘n getuigskrif vir God!
Het
jy al ‘n belofte aan iemand gemaak wat jy nie nagekom het nie?
Ek
het onlangs ‘n ou vriendin na ‘n lang tyd gesien en gedurende ons gesprek het
sy genoem dat sy die daaropvolgende week verjaar. Omdat ek weet dat sy geen kinders of familie
het nie, sê ek dat ons haar sal kom haal en uitneem vir ete. Ek onthou eers weer daarvan ‘n week na haar
verjaardag toe ek weer op dieselfde plek kom waar ek haar ontmoet het. Ek voel so sleg dat ek nie eens die moed het
om haar te kontak nie. Dis
onverskoonbaar en teleurstellend dat ek ‘n belofte verbreek het, maar dit noem
ek aan jou ter illustrasie van hoe maklik ons nie beloftes nakom nie.
God
se goeie beloftes is almal vervul! By
implikasie sê dit dat van die ‘slegte’ beloftes (beloftes van straf) nie vervul
is nie en dit kan mens net as genade ag.
Weet
vandag dat God ‘n God van Sy woord is.
As Hy dit sê, dan doen Hy dit.
Die Bybel leer ons ook dat God geduldig is. Die probleem is net dat Sy geduld langer kan
wees as wat ons leef. Die hartseer hier
omtrent is dat jy kan sterf sonder dat jy gered is. Jesus het opgevaar na die hemel en Hy kom
weer terug en daardie dag wil jy verseker weet dat jy gered is.
Moenie uitstel nie. Maak seker jou saak met God is reg.
No comments:
Post a Comment