Psalm 139 : 1 –
4 Here, U sien dwarsdeur my, U ken
my. Of ek sit en of ek opstaan, U weet
dit. U ken my gedagtes nog voordat hulle
by my opkom. Of ek reis en of ek oorbly,
U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend.
Daar is nog nie ‘n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan
wees.
Wat
ander van ons dink, is belangrik vir baie van ons, al sal ons dit nooit erken nie. Ons gee voor en ons lieg blatant.
In
die huis skel en vloek dit, daar word gedrink, gerook ens, maar Sondag in die
kerk sit ons vroom langs mekaar.
Elke
moontlike oortrokke fasiliteit of lening staan op maksimum, maar ons stem in om
saam met vriende te gaan uiteet, want hulle moet tog net nie dink dat ons nie
geld het nie.
Op
skuldbult word nog ‘n nuwe motor, nog ‘n nuwe ‘flatscreen TV’, nog ‘n nuwe
selfoon aangedra. Die een kredietkaart word gebruik om die ander mee te betaal
en so word die debietorders teruggestuur, maar ons weier om ons standaarde te
verlaag.
Iemand
het lankal hul werk verloor, maar as die gesiene familie uitvra, word daar
geantwoord asof jy nog steeds by die maatskappy werk.
Eintlik
het jy verslaap omdat jy die vorige aand te laat gekuier het, maar nou vertel
jy vir die baas dat die treine, taxi of bus alweer laat is.
En
99% van ons glo dat ons daarmee wegkom. Nuusflits! Jy mag mense dalk ‘n rat voor die oë draai,
maar vir God gaan jy nie so maklik flous nie.
God sien dwarsdeur ons… hy weet wat jy dink nog voordat jy dit gedink
het! Hou op voorgee.
Die
leuen het kort beentjies. Wees liewer
openlik en vertel die waarheid. Mense
het veel meer respek vir iemand wat die waarheid vertel as wanneer hul uitvind
jy het voorgegee of gejok.
No comments:
Post a Comment