Jakobus 4 : 6 Maar
die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan
hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.”
Ons
ontvang gawes van God in verskillende gedaantes… geluk, finansiële voorspoed,
huweliksgeluk, geleerdheid, ‘n droom beroep, bates, familie, vriende… Soms word
die gawe in ‘n eenvoudinge vorm ontvang en mettertyd ontwikkel dit tot waar jy
vandag is. Hoe beter dit gaan, hoe
minder vertrou jy op God. Wanneer jy
meer op hierdie gawes staatmaak as op God, begin die gevaarligte flikker.
Dit
is hoekom dit so nodig is om naby aan God te bly. As jou verhouding met Hom reg is, sal Hy jou
bewus maak wanneer iets vir jou te belangrik raak. Niks behoort ooit ‘n plek bo God in jou lewe
in te neem nie.
Die
wêreld en al sy blink liggies kan jou maklik laat glo dat dit uit jou eie krag
is dat jy is waar jy jouself vandag bevind.
Indien jy egter werklik eerlik met jouself is, sal jy weet dat jy oor
niks kan roem nie. As jy nie vir God loof
en erkenning gee vir jou gawes en suksesse nie, is dit bloot hoogmoed.
Ons
moet elke dag waaksaam wees. Die vyand
gaan elke moontlike geleentheid gebruik om jou van verlossing te beroof. Waak daarteen dat jou God-gegewe gawes of
geleenthede nie te belangrik word nie.
Ek het iewers gelees: “Wanneer
jou drome vir jou belangriker as God word, moet jy hulle ter wille van jou siel
opoffer. Soms moet jou droom doodgaan voordat dit vir God se glorie opgewek kan
word.”
Dalk
was jy suksesvol, maar dit is van jou weggeneem. Is dit dalk omdat die sukses belangriker as
God geraak het? Net jy sal weet. Die
goeie nuus is dat God dit weer vir kan sal teruggee sodra jy Hom nommer Een
maak.
No comments:
Post a Comment