Esegiël 16 :
5 Niemand was oor jou besorg of het
soveel vir jou oorgehad dat hy een van dié dinge vir jou gedoen het nie. Jy is
met afsku behandel en in die veld weggegooi die dag toe jy gebore is.
Iemand
vertel my die volgende verhaaltjie: “My
ma het baie vir ons boontjies gekook, maar voordat sy dit sou kook, sou sy die
boontjies so bietjie heen en weer krap en die boontjies wat nie reg gelyk het
nie, uithaal. Hierdie minderwaardige gehalte
boontjies het sy sommer so oor die onderdeur buitentoe gegooi.
Met
die eerste winterreëns, het hierdie weggooi boontjies ontkiem, gegroei, geblom
en uiteindelik boontjies gedra wat weer geoes kon word.
Die
interessante deel van hierdie verhaaltjie is dat dieselfde persoon wat hierdie
boontjies weggegooi het, hul ook geoes het omdat sy gesien het dat hierdie
boontjies eintlik tog waarde het.
Wat
leer ons hieruit:
1. Moenie huil as mense jou
weggooi nie
2. Moenie huil as hul jou verwerp
nie
3. Moenie huil wanneer hulle op
jou neerkyk en jou nie goed genoeg ag nie
Vandag
wil ek vir jou bemoedig. Die reën is op
pad. Dieselfde mense wat jou verwerp
het, gaan jou terugnooi. En onthou
altyd dat God ook diegene liefhet wat ander minag of op neerkyk. God sal jou seen, bly net vashou aan Hom en menses
al jou werklike waarde begin raaksien.
Die enigste keer
wat ons mag neerkyk op iemand is wanneer ons hul ophelp. Annoniem
No comments:
Post a Comment