Efesiërs 6:5 Slawe, wees gehoorsaam aan julle eienaars
hier op aarde, en doen dit met eerbied en ontsag maar terselfdertyd met 'n
opregte hart, asof dit vir Christus is.
Om
sukses te behaal sonder om hard te werk, sal jou op die ou end soos ‘n
mislukking laat voel. Daarom is dit vir
my so hartseer wanneer iemand nie op meriete in ‘n pos aangestel word nie en ek praat nie net van regstellende aanstellings nie. Mense word ook aangestel na aanleiding van wie hul ken en ander is bloot goed om hulself te verkoop, al bly dit net by praat.
Ek
glo jy doen daardie mens ‘n onreg aan, want hy/sy weet hoekom hul daardie pos
gekry het en hul kan nie daaroor goed voel nie.
Niks kan erger wees as om in ‘n posisie te wees en nie oor die nodige
ervaring en agtergrond te beskik om 'n beduidende bydrae te lewer nie. Jy is 'n blote passasier.
Daar
is nie kortpaaie na die toppunt van ‘n leer nie. Jy moet elke sport gebruik om jou te lig na
die volgende een. As jy nooit elke faset
van die besigheid deurgemaak het en daarom kan weet presies wat aangaan nie,
hoe kan jy ooit besluite neem wat sin maak?
Gaan mense jou besluite respekteer?
Gaan hulle jou respekteer?
Werk
op sigself het niemand nog ooit enige skade aangedoen nie. Harde werk nog minder. Dis deel van die groeiproses. Dis die sporte van die leer na bo.
Dan, en
dan alleen kan jy die uitsig van bo geniet en waardeer. Dan kan jy met trots terugkyk op die pad wat
jy van die onderpunt tot by die heel boonste sport afgelê het. Dan weet jy dat jy verdien om te wees waar jy
is. Jy was nie ‘n passasier nie; jy het
jou sukses verdien.
Die
vraag is of jy gaan nee sê as jy bevorder word bo iemand wat dit meer verdien
as jy? Gaan jy groot genoeg wees om te
sê dat jy nie ‘n “token” aanstelling wil wees nie, maar dat jy bereid is om te
leer en jouself te bewys totdat jy goed genoeg daarvoor is deur eerlike, harde
werk.
Nothing
worthwhile comes easily. Work, continuous work and hard work, is the only way
to accomplish results that last.
Hamilton Holt
No comments:
Post a Comment