Efesiërs 4 :
24 Ja, God het julle verander en Hy het
julle nuwe mense gemaak. Nou moet julle lewe soos nuwe mense. Julle moet
waarlik lewe soos God wil hê en julle moet doen wat Hy wil hê.
Partykeer
is ons gedagtes nie edel nie. Die feit
dat ons daardie gedagtes nie hardop uiter nie, maak hul nie meer edel nie. Bitterheid, skeltaal, vloek, haat…
Realiteit
is dat jy word wat jy dink. Genadiglik
is daar vir ons hoop. As God ons
verander het, is ons nuwe mense. Dan
leef ons volgens Sy wil. Dan is daar nie
meer haat binne ons nie, ons is nie meer bitter nie, ons koester nie meer ‘n
wrok nie en ons gaan beslis niemand vloek nie.
Jy
kan nie nuwe klere aantrek alvorens jy nie die ou klere uitgetrek het nie. Met hierdie analogie praat ons nie hier van klere wat net bietjie
na sweet ruik nie… ons praat van vuil klere wat jy net van ontslae kan
raak. Soms wil ons egter nie erken dat
ons nog van daardie ou klere aangehou het onder die nuwe klere nie. Jy gaan mos nou nie vuil klere terug in die
kas hang of op die vloer los waar jy daaroor kan struikel nie. Jy moet van daardie vuil klere onslae raak.
Daarom
gaan ons die leuen aflê en die waarheid aanneem. Ons gaan nie kwaad bly en die
duiwel ‘n houvas gee nie. Die dief gaan
ophou steel… die moordenaar moor nie weer nie… die persoon wat owerspel pleeg,
is nie verder ontrou nie…
Ons
stel onsself in om opbouende woorde en gedagtes te vestig. Om die Heilige Gees te bedroef is beslis nie
op ons agenda nie. In vers 22 & 23
lees ons immers dat ons mekaar moet vergewe soos God ons vergewe het op grond
van wat Christus vir ons gedoen het.
No comments:
Post a Comment