Spreuke 15:16 Liewer min hê en die Here dien as groot
rykdom en bekommernis daaroor
Nog
voordat ‘n kind kan praat, kan hul al ‘n handjie uithou om nog iets in ontvangs
te neem. So word ons van jongs af groot met die gedagte dat daar altyd nog 'n behoefte is. Ons wil altyd nog hê.
Ek
wonder hoeveel mense is vandag ongelukkig in hul omstandighede omdat hul so
moeg is van die gejaag na nog. ‘n Groter salaris, ‘n beter werk… dis
fantasties, maar dit beteken altyd meer druk.
En druk veroorsaak stress… die siekte van ons tyd.
Ja
ons wil vooruitgaan en ons omstandighede / lewe verbeter, maar dit behoort
iewers tog te stop. Party mense stop egter nooit. Die feit dat iemand anders ‘n groter /
duurder motor besit of in ‘n groter / duurder huis in ‘n beter omgewing as hul
woon, ontsenu hul en laat hul minderwaardig voel.
Veral
in Suid-Afrika, so het die WGO ons onlangs weer herinner, is ‘n land van groot ongelykheid.
Behalwe vir die verskil tussen ryk en arm, is daar selfs onder die armes
wedywering, net soos onder die rykes.
Ons wil gryp… ons wil onsself verryk… ons wil meer hê.
Geld
kan nie geluk koop nie. Kyk maar hoeveel
bekende, baie welaf mense probeer selfmoord pleeg. Rykdom is dikwels ‘n goue kou, want jy raak ‘n
gevangene / slaaf van geld.
Eintlik
is dit ‘n gejaag na wind, soos die Prediker skryf.
Geluk
lê in die wete dat God jou aanvaar net soos jy is. Geld kan nie vir jou ‘n plek in die
Hiernamaals koop nie. Jy is reeds
vrygekoop. By God kan jy gelukkig wees
al weet jy nie waar jou volgende maaltyd vandaan gaan kom, want jy weet
eenvoudig dat Hy genoeg is en dat Hy sal voorsien.
Om
God te dien het niemand nog ooit slapelose nagte gegee nie. Dit het niemand nog in ‘n gestig laat beland
omdat hul nie met die stress kan ‘cope’ nie.
Om God te dien het niemand nog rasend bekommerd gehad nie. Daarom is dit veel beter om God te dien as om
te veel besittings of geld te hê.
No comments:
Post a Comment