Jesaja 59 :
19 Wanneer die teëstander aanstorm soos
'n rivier, jaag die Gees van die Here hom op loop.
Ons
het al almal slegte nuus ontvang… of dit nou die afsterf van ‘n geliefde is, ‘n
swak rapport, die dokter se diagnose, dat jou dienste nie meer benodig word
nie, dat die motor gestamp is, jou kind seergekry het… Dan wonder ‘n mens dikwels wat God sulke tye
doen. Een ding kan ek jou verseker, God
sit nie terug en dink dat jy ‘n slaggie moet voel omdat jy nie wil hoor
nie. Hy dink ook nie dat dit nou jammer
is, maar dat dit nou maar so is nie.
Nee, wanneer ‘n teenstander op ons afstorm soos ‘n vloed, tree die Gees
van die Here onmiddelik in. M.a.w
daardie onregverdigheid, die slegte nuus, die verlies laat God regop sit, as't ware opspring! Hy sit nie terug nie. Dis nie hoe Hy is nie.
Geen
ouer sal terugsit en sien hoe sy kind tenagekom word nie. God ook nie.
As ouer tree jy in of jy help.
Dit is presies so met God. God
sê: “Hokaai, dis My kind. Jy kan nie sommer so maak met My kind nie. As jy met My kind sukkel gaan jy met My te
doen kry.
Net
omdat ons dit nie sien of hoor gebeur nie, beteken nie dat God terugsit nie. Hy is rasend as een van Sy kinders tenagekom
word en Hy sal terugslaan.
Onlangs
het ek in die bewegende verkeer ingedraai nadat ‘n motoris vir my gewys het ek
kan maar indraai. My motor se neus het
egter in die tweede baan in beweeg. Die
volgende oomblik sien ek ‘n motor millimeters weg aan my regterkant. Ek het amper ‘n hartstilstand gehad en het
gewag om die slag te hoor, maar daar was niks.
Die ander motor het voortgery en nie eens vir my tekens gewys nie. Ek glo vas dit is God wat Sy hand tussen die
twee motors ingedruk het om te keer dat daar ‘n ongeluk gebeur.
Wees
verseker dat NIKS jou van God of Sy onmeetlike liefde kan skei nie. Partykeer sien ons nie dadelik hoe God vir
ons intree nie, maar ek kan jou verseker dat Hy wel intree.
No comments:
Post a Comment