Vrees
vir mislukking hou ons dikwels terug.
Dink nou terug aan ‘n keer dat jy misluk het. Het dit enige permanente skade aangerig? Meeste van tyd is die antwoord nee. Wat wel gebeur het was dat jy gegroei het.
Die
teenoorgestelde van vrees is geloof.
Indien jy iets vir die eerste keer probeer, of iets probeer waarmee jy
voorheen misluk het, of dalk reken dat dit wat jy aanpak te groot vir jou is, sal jy
verseker vrees en geloof ervaar. Geloof
gaan jou aanpor en vrees gaan jou terugrem.
Die geheim is om geloof te laat wen.
Die
Israeliete was bang vir die onbekende wat die Beloofde Land ingehou. Alvorens die land werklik aan hul sou
behoort, moes hul dit eers afneem by ‘n klompie mense vir wie hul baie bang
was. Vrees en geloof was besig om tou te
trek binne hulle. God het hul
gerusgestel in Deuteronomium 31 : 6 “Hou moed
en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here
julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle
nie alleen laat nie.”
Almal
ervaar die een of ander tyd vrees, selfs die mees ervare mense. As jy vrees omarm as deel van jou reis en dit
as ‘n positiewe katalisator sien, gedryf deur geloof, dan oorwin jy vrees elke
keer. Jy kan nêrens kom as jy nie êrens
begin nie. As vrees al is wat jou
terughou, is dit juis rede om te begin.
No comments:
Post a Comment