Spreuke 3 :
5 Vertrou
volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie.
Dis
makliker gesê as gedaan. Dis veral
moeilik as ons nie al die antwoorde het nie, want ons wil alles verstaan en
verklaar. Veral as dit by verlies
kom. Met dood of die verbrokkeling van ‘n
verhouding wil ons weet hoekom.
Iemand
het eendag gesê: “Daar is tye dat ons
bid en God vir ons antwoord en dan is daar tye dat ons bid en Hy vir ons vrede
gee.” Heel waarskynlik met verwysing na Filippense
4 : 6 – 7 Moet oor niks besorg wees nie,
maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan
God bekend. En die vrede van God wat
alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in
Christus Jesus.
Dalk
moet ons verstaan dat ons nie alles hoef te weet nie. God laat ons in ‘n groot deel van Sy domein
toe, maar sekere dele sal altyd vir ons ontoeganklik wees vir nou.
Deuteronomium 29 : 29 maak dit vir my makliker wanneer ek
so graag wil weet hoekom, maar daar geen antwoorde is nie. “Wat nie geopenbaar is nie, is bekend aan
die Here ons God, maar wat geopenbaar is, is vir altyd bekend aan ons en ons
nageslag.” Dis dalk nie aan my
bekend nie, maar God weet en dis genoeg.
Paulus het die helfte van die Nuwe Testament geskryf en selfs hy
sê: Want ons ken maar gedeeltelik (1 Korintiërs
13 : 9)
As jy
nie tot rus kan kom omdat jy nie die antwoord(e) op jou vrae kry nie, herinner
jouself daaraan dat God weet en dat dit genoeg is.
No comments:
Post a Comment