Partykeer
twyfel ons aan God se vermoëns. Daarom
het ek gedink ek moet kyk hoe ons, wat na Sy beeld geskape is, met Hom
vergelyk.
Is jy
in staat om op meer as een plek op dieselfde tyd te wees? God is alomteenwoordig. Hy is in Koekenaap, New York, Moskou, Sidney…
Hy is by jou in die tronk, die siekbed, langs die sportveld, in die raadsaal…
Kan jy
na meer as een persoon op dieselfde tyd luister? Miljoene mense se gebede gaan elke dag op en
God luister na almal.
Ons het tolke nodig wanneer ons nie 'n taal verstaan nie. Hy verstaan selfs elkeen se taal.
Wie
het nog nooit ‘n leuen vertel nie? Numeri
23 : 19 God is nie 'n mens dat Hy sou
lieg nie
Niemand
wat ek ken kan sonder slaap klaarkom nie.
Psalm 121 : 4 Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie
in nie en Hy slaap nie.
Daar
was al mense wat beweer hul was dood en het weer teruggekom uit die dood. Niemand was egter al ooit vir drie dae dood
en het uit ‘n graf opgestaan nie. Onthou
daar was mense wat dubbel sekergemaak het Hy is dood en daar was wagte by die
graf.
Het jy
al ooit probeer tel hoeveel hare daar op jou kop is? Lukas 12 : 7 Selfs die hare op julle kop is almal
getel.
Wanneer
ek na al hierdie verskille kyk, besef ek hoekom ons aan God twyfel. Ons meet Hom volgens menslike standaarde en ons
skiet ver tekort. Dink net aan hierdie
paar voorbeelde en besef dan dat God nie oor menslike vermoëns beskik nie. Hy is God en daarom is Hy in staat tot veel
meer as wat ek en jy Hom krediet voor gee.
Efesiërs 3 : 20 Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om
oneindig meer te doen as wat ons bid of dink,
No comments:
Post a Comment