Efesiërs 6 :
7 Al is julle slawe, doen julle werk met
lus, soos vir die Here en nie vir mense nie.
Stel
jou voor jy is ‘n slaaf. Jou werk is
fisies en uitputtend… lang ure, geen vergoeding… geen erkenning nie… daar word
elke dag meer en meer van jou verwag en jy word gestraf vir die kleinste
misstap. Jy besit niks en daar is geen
vooruitsigte vir ‘n beter toekoms nie.
Elke dag is so uitsigloos soos die volgende.
Dit
is hoe baie mense voel oor hul baas of werk in vandag se tyd. Dit is hoekom ons soveel stakings en
ongelukkigheid het. Mense voel hul sit
alles in, maar word nie na waarde geag of betaal nie. Hulle sien hoe die baas rondrits, weer in ‘n
nuwe motor ry, die duurste en mees modieuse klere dra, geld rondgooi… en hul
leef van die hand na die mond.
Is stakings
die antwoord? Is geweld die
antwoord? Is dit hoe God dit sou
hanteer? Ek weet dit is nie wat jy wil
hoor nie, maar dit is nie wat Hy van jou verwag nie. Hy wil hê dat jy jou werk met lus doen, asof
vir Hom.
Sal
dit nie jou uitkyk op jou werk verander nie?
Wanneer jy besef dat jou werk, hoe nederig ookal, ‘n taak is wat jy vir
God doen, dan glo ek dat jy dit na die heel beste van jou vermoë sal doen, want
vir Hom is net jou beste goed genoeg. Jy
gaan nie oproerig raak oor jou inkomste nie, want God het beloof Hy sal
voorsien en Hy sal.
Ons
beloning sal ons heel waarskynlik nie hier op aarde ontvang nie. Die lewe is onregverdig en sommige mense kom
weg met alles, maar fokus jy net op God, nie op mense nie. God plaas ons vir ‘n rede op ‘n bepaalde
plek. Hoe ons dit hanteer is wat God sal
wil sien.
No comments:
Post a Comment