Filippense 2 :
5 Dieselfde gesindheid moet in julle
wees wat daar ook in Christus Jesus was:
Watter
gesindheid het Christus Jesus gedemonstreer?
Hy was ‘n lewende voorbeeld van iemand met ‘n positiewe gesindheid. Hy het omgegee, nie Homself eerste gestel
nie, ander se belange op die hart gedra, mense gehelp en genees, Hy het hoop
gebring in ‘n stukkende wêreld, die hoogste prys betaal vir jou en my.
Ons
gesindheid is die enigste iets waaroor ons werklik beheer het. Jou gesindheid kan jou ook terughou in die
lewe. Dalk is jy iemand wat van nature
negatief is. Jy sien altyd die donker
kant. Jy verwag altyd die ergste. Jy is die een wat altyd besware opper of
verskonings maak. Jy het selde iets
goeds te sê oor andere. Die glas is
altyd half leeg vir jou.
Hier
is vir jou iets om te probeer. Plak vir
jouself positiewe woorde of sinne op oral in jou huis en/of kantoor, motor,
werkswinkel, plaasskuur... “Vandag gaan ‘n
fantastiese dag wees… Ek is toegerus
met alles wat ek nodig het om ‘n sukses te wees… Ek weet sommer dit gaan werk… Daar is altyd
hoop… Ek kan alles oorwin, want Christus gee my die krag…Vandag gaan ek ‘n
verskil in iemand se lewe maak…” Wees
bedag op negatiewe gedagtes en as hul jou pad kruis, vervang hul met ‘n
positiewe gedagte.
En
omring jou met positiewe mense.
Negatiewe mense tap jou.
Positiewe mense lig jou op.
Ons
gesindheid is ‘n keuse en daardie keuse kan die katalisator wees wat ons lewe
in ‘n rigting van voorspoed of voortdurende ongelukkigheid stuur.
No comments:
Post a Comment