Filippense 4 :
19 En my God sal in elke behoefte van
julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.
Indien
jy vandag mismoedig na jou koskaste, jou beursie of jou bankrekening kyk en nie
herwaarts of derwaarts weet nie, is vandag se teks vir jou.
God
sal nie net in elke behoefte van jou voorsien nie, maar Hy sal ryklik voorsien. Ons kyk na die gebrek, God kyk na die
behoefte. Dink jy God kan nie vir jou
deurkom nie? Hy het ‘n skare gevoed met
met twee vissies en vyf garsbrode (Johannes 6 : 9) Hy kan en Hy sal… jy moet Hom net vra en
onwrikbaar glo.
Ek
het al van mense gehoor by wie kruideniersware wonderbaarlik by hul voordeur
gestaan en wag het terwyl hul geen idee het wie dit daar kon kom afgee nie
omdat hul met niemand oor hul nood gepraat het nie.
Baie
keer is ons skaam om vir mense te vertel hoe swaar ons kry. Dalk is dit omdat ons bang is dat hul op ons
sal neersien. Dit kan met enige iemand
gebeur. Mense verloor hul werk… mense
word verkul uit hul swaarverdiende geldjies… rampe tref jou… verhoudings
verbrokkel en ewe skielik is daar net een inkomste…
Daar
is nog mense wat omgee en daar is nog diegene wat graag wil help sonder dat
enige iemand daarvan weet, maar dan moet hul weet van diegene wat
swaarkry. Ek staan verstom as ek hoor
hoeveel gewone mense, in die privaatsektor doen in terme van
liefdadigheid. Dink net waar ons land
sou gewees het as dit nie vir hierdie onbaatsugtige liefde was nie. Gift of the Givers is maar net een voorbeeld. Baie korporatiewe maatskappye moedig ook hul
werknemers aan om by projekte betrokke te raak.
Ek sal egter graag wil sien dat ons dit ook op kleiner skaal vir
individue doen.
As jy
nie vandag hoed in die hand hoef te staan nie, gaan op jou knieë en dank God
daarvoor. Terselfdertyd wil ek jou vra
om jou oë en ore oop te hou vir iemand wat jou pad gaan kruis en vir wie jy die
antwoord op hul gebed kan wees.
No comments:
Post a Comment