Deuteronomium 31
: 6 Hou moed en wees dapper! Moenie bang
wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met
julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.”
Luisteraars
stuur gereeld gebedsversoeke na ons sms en WhatsApp lyne op die radio. Hul vra byvoorbeeld dat ons bid vir ‘n kind
wat vir ‘n onderhoud gaan, vir ‘n dissiplinêre verhoor wat hul moet bywoon, vir
‘n familielid wat in die hof moet verskyn, vir ‘n huwelik wat deur stormwaters
gaan, vir iemand wat in die greep van dwelms vasgevang is, vir ‘n finansiële
deurbraak, vir iemand in ‘n hospitaalbed… soms vertel hul waarheen hul op pad
is en vra dat ons bid dat hul veilig by hul bestemming aankom.
Dit
is duidelik dat mense besef dat God die antwoord is. Hy is die enigste antwoord… en Hy is die
antwoord op enige probleem.
Wat
meer is, Hy bemoedig jou, vertroos jou en die heel belangrikste… Hy gaan saam
met jou. Daar is selfs die versekering
dat Hy jou beslis nie in die steek sal laat nie.
Maak
nie saak wat jy vandag in die gesig moet staar of watter onmoontlike situasie
jou pad gekruis het nie… niks is vir God te groot of te moeilik of onmoontlik
nie. As jy steeds twyfel, lees Markus
10 : 27 Jesus het reguit na hulle gekyk
en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is
alles moontlik.”
No comments:
Post a Comment