Psalm 42 : 2 – 3
Soos 'n wildsbok smag na waterstrome, so
smag ek na U, o God. Ek dors na God, na
die lewende God. Wanneer kan ek gaan en voor God verskyn?
Here
God, soos ‘n wildsbok smag na water, so smag ek na U. Ek het ‘n ewige dors na U. Ek weet U is ‘n lewende God wat gister,
vandag en môre dieselfde is. Ek weet dat
ek op U kan vertrou. Ek weet dat U
liefde onfeilbaar is.
Vandag
staan ek voor U en ek stort my hart teenoor U uit. U ken die hartseer en pyn. U ken die mismoedigheid en magteloosheid
binne my, maar U ken ook my hart. U weet
dat ek op U vertrou. Al my pyn, al my
behoeftes, al my lyding bring ek na U.
Ek lê dit voor U voete, Heer. U
sê dat ek al my bekommernis op U moet werp.
U sê dat ek nie kry omdat ek nie vra nie. Here, vandag vra ek sonder skroom... Ek het U
nodig, Here. Ek het Goddelike ingryping
nodig. Ek het ‘n bonatuurlike deurbraak
nodig… Here, red my uit.
U
Woord is vol beloftes, Here. U Woord is
vol getuienis. Ek beroep my op dieselfde
God van Die Bybel, want ek weet dat niks vir U onmoontlik is nie.
Here,
U kan my trane afvee en my ‘n nuwe toekoms gee.
U kan my weer ophef. Dit wat deur
mense gebreek en vertrap is, is vir U steeds kosbaar.
Laat
U wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde.
No comments:
Post a Comment